Beatrice Straight

Beatrice Straight
Geboortenaam Beatrice Whitney Straight
Geboorte (1914-08-02)2 Augustus 1914
Old Westbury, New York Stad, V.S.
Sterfte 7 April 2001 (op 86)
Northridge, Los Angeles, California, V.S.
Nasionaliteit Amerikaans
Ouers Willard Dickerman Straight

Dorothy Payne Whitney

Lewensmaat Louis Dolivet (getroud 1942; geskei 1949)

Peter Cookson (getroud 1949; oorlede 1990)

Kinders 3
Skool Lincoln School in New York Stad, Verenigde State

Dartington Hall Community in Devonshire, Engeland

Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 1939–1991
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Beatrice Straight (2 Augustus 1914 – 7 April 2001) was 'n Amerikaanse teater, televisie en rolprent aktrise. Sy was `n lid van die aangesiene Whitney familie. Sy was `n Tony en Academy Award wenner en `n genomineerde vir die Emmy Award.[1]

Straight se eerste Broadway vertoning was in die toneelstuk The Possessed (1939). Vir haar rol as Elizabeth Proctor in The Crucible (1953) wen sy die Tony Toekenning vir Beste Aktrise in `n Toneelstuk. Haar ander Broadway rolle sluit in Viola in Twelfth Night (1941), Catherine Sloper in The Heiress (1947) en Lady MacDuff in Macbeth (1948). Vir die satiriese film Network (1976) wen sy die Academy Award vir Beste Ondersteunende Aktrise; met vyf minute en twee sekondes van skermtyd is haar vertoning die kortste ooit om `n Academy Award vir toneelspel te wen. Sy was genomineer vir `n Emmy Toekenning vir die minireeks The Dain Curse (1978). Straight verskyn in The Nun's Story (1959) as Moeder Christophe saam met Audrey Hepburn en as die parasielkundige Dr. Martha Lesh in Poltergeist (1982).

  1. https://www.nytimes.com/2001/04/11/arts/beatrice-straight-versatile-star-dies-at-86.html

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy